Popmusiek

Popmusiek is 'n genre van populêre musiek wat ontstaan het in sy moderne vorm in die VSA en die Verenigde Koninkryk gedurende die middel-1950's.[1] Die terme "populêre musiek" en "popmusiek" is dikwels afwisselend gebruik, hoewel die eersgenoemde al die musiek beskryf wat gewild is en sluit verskillende style in. "Pop" en "rock" was min of meer sinonieme terme tot in die laat 1960's, toe hulle baie ver van mekaar wegbeweeg het.

Hoewel baie van die musiek wat op treffersparades verskyn, as popmusiek beskou word, word die genre eintlik volgens ander eienskappe gedefinieer. Popmusiek leen dikwels elemente van ander style soos stedelike kontemporêr, dans, rock, Latynse musiek, en country-musiek; nietemin is daar baie belangrike elemente wat popmusiek definieer. Die identifisering van faktore sluit gewoonlik kort tot medium-lengte liedjies in wat in 'n basiese formaat geskryf is (dikwels die vers-refrein struktuur), sowel as die algemene gebruik van herhalende koorgedeeltes, melodiese musiek en aanvangsfrases.

  1. S. Frith, W. Straw, and J. Street, eds, The Cambridge Companion to Pop and Rock (Cambridge: Cambridge University Press), ISBN 0-521-55660-0, pp. 95–105.

© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search